Die oorsake van ’n ongeluk is soms so ongelooflik onvoorspelbaar dat jy die oomblik daarna herhaaldelik voor jou geestesoog laat afspeel; net om te probeer sin maak van dit wat pas gebeur het.

Lees ook: Man oorleef wonderbaarlik nadat hy glo van Kaapse brug gegooi is

’n Swaargelaaide vragmotor, ’n koerslose kleuter en minder as ’n oogwink om ’n lotsbepalende besluit te neem word saamgevat in dié video wat in China geneem is.

Net die bestuurder se blitsvinnige reaksie deur skerp uit te swaai vir die kleuter wat onverwags reg voor hom inloop, het die kleuter se lewe gered.

Lees ook: Van kaalvoet-kannetjie tot Bokke se ‘coach’: So het Allister Coetzee se loopbaan verloop

Die vragmotor self het egter met vrag en al omgekantel. Dit wil voorkom asof geparkeerde voertuie dalk net-net die impak van die ongeluk vrygespring het.

Dit is nie seker of van die voetgangers (links van die vragmotor waarneembaar) ook ongedeerd daarvan afgekom het nie.

Ander stories op Huisgenoot.com

Klop só lag-lag jou hoofpyn

Gucci-advertensie verbied oor ‘ongesond maer’ model

‘Vet Vincent’ die worshond skud die kilo’s af – en jou troeteldier kan ook

102-jarige vrou stralend oor graad wat sy ontvang 60 jaar nadat sy daarmee begin het

Aantal tiere wêreldwyd styg eerste keer in ? eeu

Hulp vir deurmekaar kiesers ná adres-SMS oor munispale verkiesing