Dié dogtertjie, wat soos haar ouers sê “van glas gemaak is”, sal jou hart laat vermurwe wanneer jy sien hoe sy met brosbeensiekte leef.

In ’n video wys Zoe Lush (6) van Kalifornië en haar ouers hoe moeilik dit is om met hierdie seldsame siekte oor die weg te kom.

Sy is gebore met osteogenesis imperfecta (OI) ’n genetiese afwyking wat veroorsaak dat die pasiënt se bene weens die kleinste trauma breek – of soms selfs sonder rede.

“Toe Zoe ’n baie klein baba was, kon die wind haar breek. Dit het niks geverg nie,” vertel haar ma, Chelsea Lush.

“Daar is vir ons gesê dit is niks wat een van ons twee gedoen of ooit gedoen het nie. Daar is vir ons gesê daar is ’n een uit 50 000 kans dat so iets met haar kan gebeur. Spesialiste het gesê ons kan die swangerskap termineer. Maar vir ons was dit meer. Sy was ons eerste kind.”

Zoe het al talle bene gebreek, sê Chelsea. “Ons het opgehou tel by ’n honderd,” sê haar pa, Curtis Lush.

“Aan die begin het dit drie mense geverg om haar doek om te ruil. Ek het haar net ’n klein bietjie spasie gegee. Sy het in my hand geruk en haar radiusbeen het net geknak. Dit het soos ’n hoenderbeen geklink.”

Chelsea sê namate Zoe ouer word, word dit vir Zoe makliker om vir hulle te sê iets het gebreek of nie gebreek nie, of wanneer hulle haar nie moet beweeg nie.

“Ek sal graag wil hê dat sy eendag na ’n kollege toe gaan en ’n internis word,” sê ’n emosionele Curtis. “Sy het ’n ongelooflike teenwoordigheid wat jou slegste dag beter maak.”