WEES GEWAARSKU: DIE VIDEO ONDERAAN HIERDIE ARTIKEL BEVAT KRU TAAL.

prankmain

Ouens, laat hierdie vir julle ’n les wees: as iets na ’n goeie idee lyk, is dit dalk nie die beste idee nie.

’n Man, wat rondgaan met die naam Papa Crazy, het gedink hy gaan sy meisie ’n les leer omdat sy aangehou het om sy selfoonboodskappe na te gaan.

Sy briljante plan? Hy vra ’n pel om sexy boodskappe aan hom te stuur en so te maak asof hy ’n meisie is met wie Papa kamtig ’n affair aan die gang het.

Wat volgende gebeur het, het almal se stoutste verwagtinge oortref. En Papa het die drama ook op video vasgelê. Jy kan sien hoe Papa sy foon langs hom en sy meisie op die bed neersit. Terwyl sy na ’n rolprent kyk, begin Papa skynbaar in te sluimer. Dan pieng sy foon.

Sy meisie tel sy foon op en lees die boodskap, wat lui: "Haai ramkat, ek soek jou weer vanaand. Hope drukkies en soentjies. Voel steeds jou lippe op myne. Mmmmwah."

Nodeloos om te sê, maar Papa se meisie raak heeltemal beserk. Sy begin op hom gil en om hom te slaan met ’n belt.

Die video het reeds wye reaksie ontlok en natuurlik het heelwat internetgebruikers hul mening gelug. Een skryf byvoorbeeld: "Jy is gelukkig dat sy jou nie doodgemaak het nie!"

Beslis!

Kyk hier na die video, maar wees gewaarsku: dit bevat heelwat aanstootlike taalgebruik.