Maar natuurlik is dit nie net haar toneelspel wat haar in die kollig hou nie. Sy het in 2006 met Tom Cruise getrou, maar die huweliksbootjie het in 2012 gesink. En sy is die afgelope paar jaar enkelma vir hul dogter, Suri, wat op 18 April 2006 gebore is.

[caption id="attachment_166227" align="aligncenter" width="600"]Katie Holmes en Suri in New York in 2013. (Foto - James Devaney/WireImage) Katie Holmes en Suri in New York in 2013. (Foto - James Devaney/WireImage)[/caption] Tydens haar verskyning Woensdag op die kletsprogram The View, het Katie nie net oor haar rol as Jackie gesels nie, maar ook oor Suri (11) en hoe sy haar grootmaak. “Ek is die jongste van vyf en het baie niggies en nefies,” het Katie vertel. Sy het een broer en drie susters. Sy kon skaars uitgepraat raak oor haar familie.

Happy Sunday !

A post shared by Katie Holmes (@katieholmes212) on

“Ons hier in Ohio is almal baie trots op ons kleinneefs en -niggies.

“Ek maak my kind groot soos my familie, wel, soos my susters hul kinders grootmaak en hoe ek grootgemaak is.

“Ek is gek daaroor om ’n ouer te wees en voel baie geseën om so ’n dierbare dogter te hê,” het die aktrise gesê. En haar gunstelingboek om saam met Suri te lees? The Magic Tree wat oor feëtjies handel. Kyk die volledige onderhoud hier.

 

A post shared by Katie Holmes (@katieholmes212) on