Die aktrise Kate Winslet is in was vasgevang.

Kate, alombekend vir haar rol in die rampfliek Titanic, het uiteindelik ‘n wasbeeld van haarself in die gewilde Madame Tussauds-wasmuseum in Londen gekry.

Haar wasbeeld word langs ander bekende Britse aktrises soos Helen Mirren en Judi Dench uitgestal.

Kunstenaars het maande gewerk om die beeld van die 36-jarige perfek te kry. Kate se wasbeeld is aangetrek in ‘n bloedrooi Elie Saab-aandrok soortgelyk aan die wat sy vroeër hierdie jaar by die Emmy-toekennings aangehad het.

Kate se wasbeeld is gemaak nadat besoekers gestem het om haar in die museum te kry.

Ander bekendes wie se wasbeelde ook in die museum pronk sluit in Rihanna, Justin Bieber, Britney Spears, David Beckham en Brad Pitt.

Volg Huisgenoot op Twitter.

-BANGShowbiz