Die sanger en werklikheidster Karlien van Jaarsveld spog met ’n splinternuwe toeëermerk!

Karlien het Saterdag op Instagram verklap sy en haar verloofde, Joe Breytenbach, het saam met haar tweelingseuns by ’n luukse privaat-wildreservaat in die pragtige Waterberg ingeboek.

“Hier plek is WONDERLIK! (Ek) voel so geseënd om hier te wees,” skryf Karlien op Instagram uit dié paradys. Teen die einde van haar Instagram-inskrywing bevestig sy: “En jip, ek het ’n nuwe tatoe gekry.” Op die foto by die inskrywing is die nuwe kunswerkie op haar arm duidelik sigbaar. Karlien het ook ’n toeëermerk van haar dogtertjie, Evah, se naam op haar pols. Sy het Evah in 2015 tydens ’n miskraam verloor toe sy 19 weke swanger was en die tatoe van haar naam daarna laat aanbring.

#mhondoro #welgevondengamereserve hierdie twee katte is honger ?? @mhondoro_game_lodge

A video posted by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on