Dit is asof sy nooit weg was nie!

[caption id="attachment_140462" align="alignnone" width="600"]Karen se gaste was Christo Davids, Armand Aucamp en Ard Foto: Anelia Loubser Karen se gaste was Christo Davids, Armand Aucamp en Ard Matthews. Foto: Anelia Loubser[/caption]

Karen se gaste tydens die eerste episode was die akteurs Christo Davids en Armand Aucamp, asook die Just Jinjer-sanger, Ard Matthews.

Die kletskoninging het oudergewoonte die episode afgesluit met 'n duet saam met haar gas. Sy en Ard het 'n treffende weergawe van What He Means gesing.

Dis hierdie lied wat binne enkele ure tot bo-aan die Suid-Afrikaanse iTunes-ranglys geklim het.

Volgende week gesels Karen met die komediant Leon Schuster en die grapmaker Nik Rabinowitz.

Die Republiek van Zoid Afrika word Dinsdae, 20:30, op kykNET uitgesaai.