Karen het haar stempel op Lianie se gewilde liedjie afgedruk en dit is na die episode in die Suid-Afrikaanse iTunes-winkel beskikbaar gestel. Dit het soos talle ander verwerkings van Republiek Zoid Afrika sommer vinnig die trefferranglys geklim en die topposisie geanekseer.

Tans word die vierde seisoen van Republiek van Zoid Afrika uitgesaai en in gisteraand se vyfde episode was die Olimpiese held Ryk Neethling Karen se ander gas.

Ander musiekhoogtepunte uit die huidige reeks se musiektreffers sluit in What he means, Boetebessie Briek Dans, Timbuktu en Vloek van die Kitaar/Thunderstruck.

Kyk hier na Karen en Lianie se weergawe van Jy soen my nie meer nie: