Karen Zoid en haar mede-aanbieder op The Voice SA, Lira, se opvoering van Feel Good het gesorg vir ’n hoendervleis-oomblik in Dinsdagaand se sewende episode van die Republiek van Zoid Afrika.

Die ander gas in Karen se republiek was die voormalige Mej. Suid-Afrika, Jo-Ann Strauss.

Sedert die vierde seisoen van die Republiek van Zoid Afrika ’n paar weke terug begin het, het Karen se verwerkings van geliefde liedjies ouder gewoonte musieksensasies in die Suid-Afrikaanse iTunes-winkel geword.

Ander musiekhoogtepunte uit die huidige reeks se musiektreffers sluit in What he means, Boetebessie Briek Dans, Timbuktu, Vloek van die Kitaar/Thunderstruck, Lianie May se Jy Soen My Nie Meer Nie en die nostalgiese Johannes Kerkorrel-treffer, Ons ry 'n BMW, saam met die Gereformeerde Blues Band.

Karen het ook met die vorige seisoene van haar geselsprogram, vir weke die topposisie op iTunes se trefferlys gehaal.

Kyk hier na haar en Lira se weergawe van Feel Good: