In die volksmond word die geniepsige wind ook die Kaapse Dokter genoem, glo omdat dit Kaapstad van "besoedeling en pestilensies" reinig.

Daar was ook al gevalle waar busse en ligte afleweringsvoertuie deur die "tregter" wat deur die wind by die Burgersentrum gevorm word, omgewaai is. Menige voetganger, fiets- en motorfietsryer het al in die stof gebyt wanneer die wind humeurig raak.

By Kaappunt het die wind vroeg Vrydagoggend glo teen 'n allemintige 61 knope, oftewel naastenby 113 km per uur, sy stem dik gemaak.

[caption id="attachment_145141" align="aligncenter" width="600"]Foto: André de Bruin. Foto: André de Bruin.[/caption]

Ook die Helderberge skuil vandag onder 'n digte wolkkombers. Dan kan jy maar weet: die wind seel nie vandag nie!

[caption id="attachment_145164" align="aligncenter" width="600"]Foto: André de Bruin. Foto: André de Bruin.[/caption]

So het die Suidooster in die verlede amok veroorsaak