Nog lank voordat die Kaapstadse burgemeester Patricia de Lille die area op 3 Maart as rampgebied verklaar het, het Kapenaars al begin hoop en bid vir broodnodige reën om die damme vol te maak. En uiteindelik kon die Moederstad se inwoners Woensdagoggend vir die eerste keer in weke hul reënjasse en sambrele afstof terwyl ’n paar druppels oor die stad uitgesak het.

Ander mense het weer gespot met Kapenaars se onvermoë om te bestuur en gewoonte om al die padreëls te vergeet sodra die reën val.
Die reënvreugde was egter van korte duur en die SA Weerdiens het reeds voorspel sonskyn sal teen Woensdagmiddag terugkeer.

Maar nietemin: elke bietjie reën help!