Van lasposte wat jou skryfbehoeftes sonder toestemming wegdra tot die oormatig joviale kêrel wat simpel grappies snorkend met die wêreld deel.

Vir talle ander is ’n onnet kantoor die grootste onding wat daar is. Kyk maar net hoe lyk kantore en raadsale ná vergaderings: Nie een stoel staan waar dit hoort nie.

Lees ook: Babatoelae, haarsalonne en bier – dié maatskappye het die lekkerste byvoordele

O ja, en wat van die kollega wie se stoel altyd iewers in die pad moet wees? Jy het jou tone al blou daarteen gestamp, dalk selfs al daaroor gestruikel . . .

Die lys is eindeloos, maar nou het Nissan met ’n baie slim plan vorendag gekom. Alhoewel dit nie die einde van alle irritasies op kantoor gaan beteken nie, gaan geen verpestelike stoel langer in jou pad wees nie.

Nissan se nuwe “slim” stoel werk soos ’n motor wat self kan parkeer. Al wat jy hoef te doen, is om jou hande een keer te klap en daar trek die stoel – tot pynlik netjies agter die lessenaar.

As hulle tog nou net ’n raad kan uitvind vir daardie irriterende kollegas . . .

Tien kitskantoorfeite

  1. Geen stuk papier van gewone grootte kan meer as sewe keer in die helfte gevou word nie.
  2. ’n Bekwame tikster se vingers kan tot sowat 20 km per dag “loop”.
  3. Voor die uitveër uitgevind is, het mense broodkrummels en selfs -korsies gebruik om potloodmerke mee uit te vee.
  4. Egiptenare was waarskynlikheid die uitvinders van die skêr rondom 1500 v.C.
  5. Skuifspelde dateer terug tot die laat 1900’s, toe die eerste masjinerie ingespan is om staaldraad te sny en te buig.
  6. Louis Leitz het in 1896 die ringlêermeganisme die lig laat sien. Bitter min van die meganisme het intussen verander.
  7. Sover bekend is die eerste kramdrukker in die 18de eeu in Frankryk met die hand gemaak. Dit was vir koning Louis XV. Elke krammetjie moes met die hand graveer word en dit moes die koninklike hof se ampsteken uitbeeld.
  8. ’n Potlood kan onderwater, onderstebo en by geen swaartekrag skryf.
  9. Die vroeër weergawes van die rekenaarmuis is na die skilpad genoem, waarskynlik omdat dit uit ’n houtdop, ’n stroombaanpaneel en twee metaalwiele bestaan het. In 1964 is die eerste muisprototipe deur Bill English gebou. Weldra het die “stert” van die draad aan die eindpunt daarvan die naam “muis” logieser gemaak.
  10. Laaste maar nie die minste nie: ’n Goeie humorsin kan die getal dae verminder wat jy met siekverlof is.

Bronne: suppliesguys.com, officeteam.co.uk, shoplet.com, genevalunch.com, mentalfloss.com

Saamgestel deur Annelene Oberholzer

Ander stories op Huisgenoot.com:

Kyk: Bekendes wys met dié foto’s hulle is ook maar net mense

Adv. Thuli Madonsela beïndruk kykers op die Republiek van Zoid Afrika

Hoekom is daar ’n gaatjie bo-aan my Bic-pen se doppie?

Meer oor daardie piepklein sakkie aan jou jeans

Dié WhatsApp-truuk kan jou baie ongemaklike oomblikke spaar