[caption id="attachment_166123" align="alignnone" width="600"]Die trotse Suid-Afrikaanse o.12-rugbyspannetjie. (Foto: Eric Mathon / Palais Princier) Die trotse Suid-Afrikaanse o.12-rugbyspannetjie. (Foto: Eric Mathon / Palais Princier)[/caption]

Die besoek, van 13 tot 20 Maart, vorm deel van die Suid-Afrika/Monaco Rugby-uitruilprogram van die Prinses Charlene van Monaco-stigting.

Tydens hul besoek het die 12 outjies van Kaapstad nie net aan verskeie rugby-oefensessies deelgeneem nie; hulle het ook die prinses ontmoet. Sy het aan hulle ’n swem- en noodhulpklas aangebied.

[caption id="attachment_166125" align="alignnone" width="600"]Die Suid-Afrikaanse span tydens die openingseremonie van die Spesiale Olimpiese Winterspele. (Foto: Eric Mathon / Palais Princier) Die Suid-Afrikaanse span tydens die openingseremonie van die Spesiale Olimpiese Winterspele. (Foto: Eric Mathon / Palais Princier)[/caption]

Hulle het ook aan ’n o.12-rugbytoernooi deelgeneem waarin 15 spanne van 11 lande dinge op die veld uitgespook het. Tydens die eindstryd het die seuns van Kaapstad die span van Lausanne (Switserland) geklop en die toernooi gewen.

Prinses Charlene het self die toernooi saam met haar man, prins Albert, en dogter, Gabriella, bygewoon.

[caption id="attachment_166126" align="alignnone" width="600"]Prinses Charlene demonstreer aan drie jong Suid-Afrikanertjies die basiese konsepte van noodhulp. By hulle is Stefan Terblanche, direkteur van die Vereniging van Suid-Afrikaanse Rugbylegendes. (Foto: Eric Mathon / Palais Princier) Prinses Charlene demonstreer aan drie jong Suid-Afrikanertjies die basiese konsepte van noodhulp. By hulle is Stefan Terblanche, direkteur van die Vereniging van Suid-Afrikaanse Rugbylegendes. (Foto: Eric Mathon / Palais Princier)[/caption]

Sy vertel rugby was nog altyd ’n sportsoort wat haar baie na aan die hart lê. “Die waardes van dissipline, spanwerk en respek vir ander stel ’n voorbeeld aan die sportgemeenskap.”

[caption id="attachment_166124" align="alignnone" width="600"]Prinses Charlene saam met haar dogter, Gabriella, tydens die o.12-rugbytoernooi in Monaco. (Foto: Eric Mathon / Palais Princier) Prinses Charlene saam met haar dogter, Gabriella, tydens die o.12-rugbytoernooi in Monaco. (Foto: Eric Mathon / Palais Princier)[/caption]

Ná die rugbytoernooi het sy na Oostenryk gevlieg vir die openingseremonie van die Spesiale Olimpiese Winterspele.

“Ek is so trots om daar te kon wees en die Suid-Afrikaanse span te steun,” vertel sy. “Hul deursettingsvermoë is ’n inspirasie vir my.”

As deel van die Suid-Afrika/Monaco Rugby-uitruilprogram sal ’n skolespan van Monaco Suid-Afrika in Julie besoek.

[caption id="attachment_166127" align="alignnone" width="600"]Die prinses groet die Suid-Afrikaanse span tydens die Winterspele. (Foto: Eric Mathon / Palais Princier) Die prinses groet die Suid-Afrikaanse span tydens die Winterspele. (Foto: Eric Mathon / Palais Princier)
[/caption]