Mense in hof D was skoon geskok en kon net toegekyk hoe die man in sy adamsgewaad oor die hofbanke klouter.

“Hy is ’n verhoorafwagtende. Toe hy by die hof aankom het hy net sy klere begin uittrek,” sê Mthunzi Mhaga, woordvoerder vir die departement van korrektiewe dienste.

“Die polisie het hom weer onder beheer gebring en na die aanhoudingselle geneem.”

Die man in die hof se naam is Lesego Legodi. Hy was by die hof omdat hy op aanklag van kwaadwillige beskadiging van eiendom moes verskyn, sê Mthunzi.

Kyk hier na die man se mannewales: