Donderdagaand het Suid-Afrika se platinum-meisie Juanita du Plessis eindelik in Karen Zoid se “republiek” ’n draai kom maak.

[caption id="attachment_116229" align="alignnone" width="600"]Karen Zoid en Juanita du Plessis saam op die verhoog in Republiek van Zoid Afrika. Foto: Verskaf Karen Zoid en Juanita du Plessis saam op die verhoog in Republiek van Zoid Afrika. Foto: Verskaf[/caption]

Soos te verwagte het Karen en Juanita se liedjie wat hulle saam gesing het, Tussen Woorde, vinnig die iTunes-trefferlys geklim en lê dit tans in die nr.2-posisie.

Lees ook: Adv. Thuli Madonsela beïndruk kykers op die Republiek van Zoid Afrika

Huisgenoot het by Juanita gaan aanklop om bietjie uit te vis hoe dit gaan en om sommer te gesels oor ’n paar ditjies en datjies. Sy verklap onder meer haar stoutste oomblik en haar geheime talent.

Waarna kan aanhangers uitsien hierdie jaar?

Ek werk tans aan ’n nuwe geestelike album, en is baie opgewonde (daaroor)! Dis hoogtyd!

Hoekom het jy ingestem om ’n duet saam met Karen te doen?

Karen vra al baie lank, maar my dagboek het dit net nie toegelaat nie. Nou het die tyd uiteindelik aangebreek. Dit is vir my ’n spesiale geleentheid om saam met Karen ’n duet te sing.

Is daar iets wat jou in die stadium baie na aan die hart lê?

Ons werk tans aan ’n liefdadigheidsprojek; (ek) kan nie nou te veel uitbrei nie, maar ek is baie opgewonde oor wat voorlê.

Wat doen jy om te ontspan?

Ek hou baie van lees en rustig wees, so wanneer ek ’n kansie kry, is dit wat ek doen. Natuurlik geniet ek dit ook om na ons plaas te gaan! Daar kan ek heeltemal afskakel en ontspan.

Wat is die een ding wat jy nooit by die huis agterlaat nie, wat het jy absoluut nodig?

My handsak met alles in . . . Ek moet eintlik sê dit is my toksak, haha! My hondjies gaan ook partykeer saam met my . . . maar ek mag hulle nie saamgebring het na Republiek van Zoid Afrika toe nie . . . Karen wil nie eers by my kom koffie drink nie – oor al my honde!

Waar is jou "happy place"? En wat doen jy daar?

My “happy place” is op die plaas, saam met my gesin!

Wat is die stoutste ding wat jy al aangevang het?

Ek en die kinders was een aand alleen by die huis en ons het besluit om buite op matrasse te slaap en sterretjies te kyk. Ek het stilletjies weg geglip en toe bietjie later uitgekom met ’n “Scream”-masker! Ek dink ek het op die ou end groter geskrik as hulle oor hoe erg hulle geskrik het . . . haha!

Waarna luister jy in jou kar op die radio? Sing jy saam?

Ek sing saam ja! Ek luister van geestelike tot country musiek en nuwe treffers! Ek is mal oor musiek! Net nie “heavy metal” nie. Ek luister ook na Karen se musiek!

Wat is jou geheime talent?

Ek kan ’n hele groot pizza op my eie klaarmaak.

Wat is jou sonde? Wyn, koffie, sjokolade?

Eerder nie wyn nie! Ek is mal oor sjokolade! Gewoonlik na 23:00 in die aand . . .

Kyk hier na Karen en Juanita se vertoning:

Lees ook: Karen en Emo blaas nuwe lewe in geliefde liedjie