Die tiende seisoen van dié reeks word vanjaar weer in halfuur-programme uitgesaai, om 20:00 op Maandagaande, en dit beloof om 30 minute van aksiebelaaide, skreeusnaakse vermaak te bied.

Oudergewoonte kom kuier bekendes van die vermaakbedryf saam met Emo in die ateljee.

Lees ook: Kyk hoe ‘grênd’ is Getroud met Rugby se nuwe stel

Mense soos Modder en Bloed se Sean Else en Stian Bam, Vir Altyd se Ivan Botha en Donnalee Roberts, die Sterlopers-akteurs Willem Botha en Jenna Dunster en Die Boekklub se Arno Marais en Greta Pietersen maak onder andere ’n draai.

Ander gaste sluit in Vinette Ebrahim, Lizz Meiring, Zelda le Grange, burgemeester Patricia de Lille en Boer Soek ’n Vrou se nuwe aanbieder, Minki van der Westhuizen.

Jou Show sal ook nie dieselfde wees sonder die musiek nie: Karlien van Jaarsveld, Loki Rothman, André Venter, Charlize Berg en Saarkie en nuwe talent soos Chris Rain en die rock-sensasie Nagligte sal die gehoor vermaak.

Lees ook: Getroud met Rugby binnekort daagliks op die kassie te sien

Hier is ’n voorsmakie van wat om te verwag van die eerste twee episodes van die nuwe reeks:

[caption id="attachment_121646" align="alignnone" width="600"]Foto’s deur Nelis Engelbrecht vir LIGHT LOUNGE PHOTOGRAPHY STUDIO Foto’s deur Nelis Engelbrecht vir LIGHT LOUNGE PHOTOGRAPHY STUDIO[/caption]

[caption id="attachment_121643" align="alignnone" width="600"]Foto’s deur Nelis Engelbrecht vir LIGHT LOUNGE PHOTOGRAPHY STUDIO Foto’s deur Nelis Engelbrecht vir LIGHT LOUNGE PHOTOGRAPHY STUDIO[/caption]

[caption id="attachment_121644" align="alignnone" width="600"]Foto’s deur Nelis Engelbrecht vir LIGHT LOUNGE PHOTOGRAPHY STUDIO Foto’s deur Nelis Engelbrecht vir LIGHT LOUNGE PHOTOGRAPHY STUDIO[/caption]

[caption id="attachment_121645" align="alignnone" width="600"]Foto’s deur Nelis Engelbrecht vir LIGHT LOUNGE PHOTOGRAPHY STUDIO Foto’s deur Nelis Engelbrecht vir LIGHT LOUNGE PHOTOGRAPHY STUDIO[/caption]

Kom deel in die pret van Maandag 4 April om 20:00 op kykNET (kanaal 144).

Ander stories op Huisgenoot.com:

Waar kom Gekkedag vandaan? Is jy deur dié slimstreke uitgevang?

Kyk: Danspassies van knapie in kruisbande bekoor

SA baba met ‘lekhart’ ontroer mense wêreldwyd

Monaco se koninklike babas leer glo vier tale, Afrikaans inkluis