Joost se vervreemde vrou, Amor Vittone, het foto’s van die spesiale geleentheid op Facebook gedeel. Die oudskrumskakel is op 6 Februarie oorlede, net twee weke voor sy verjaardag.

Hy het die afgelope amper ses jaar aan die aftakelende motorneuronsiekte gely.

Amor en Joost se kinders, Jordan (13) en Kylie (10), was ook daar. Die familie het ’n groot koek met ’n pragtige gesinsfoto en die woorde “Happy birthday, Joost and daddy” daarop gehad.

Amor se ma, Delyse, was ook daar.

Die sangeres en TV-persoonlikheid het Maandag ook ’n roerende Facebook-inskrywing gemaak waar sy ’n verjaardagboodskap aan Joost gedeel het.

“Die enigste geskenke vandag sal soete herinnerings, lag en vreugde wees wat in ons geheue weerklink,” het sy onder meer geskryf.

Joost is op Vrydag 10 Februarie tydens ’n emosiebelaaide roudiens by Loftus Versfeld ter ruste gelê.