Al het die Bok-legende en MNS-lyer, Joost van der Westhuizen, sy 45ste verjaardag Saterdag 20 Februarie stil-stil gevier, het sy aanhangers op Huisgenoot.com ons Facebook-blad oorweldig deur 'n stortvloed goeie wense vir Joost op hierdie baie spesiale verjaarsdag.

[caption id="attachment_118285" align="alignnone" width="600"]Joost se verjaardagkoek. Foto: Verskaf Joost se verjaardagkoek. Foto: Verskaf[/caption]

Joost sê dankie vir al hierdie pragtige boodskappe en het spesiaal foto’s van sy familiedag met Huisgenoot.com-lesers gedeel.

[caption id="attachment_118287" align="alignnone" width="601"]Kylie en Jordan vier saam hul pa sy 45ste verjaardag. Foto: Verskaf Kylie en Jordan vier saam hul pa sy 45ste verjaardag. Foto: Verskaf[/caption]

Joost se familie het die dag saam by sy huis in Dainfern in Johannesburg deurgebring, potjiekos geëet en saamgekuier. "Ons het besluit om ’n stil verjaardag te hou," vertel sy broer Pieter.

Sy seun, Jordan, en dogter, Kylie, het ook saam met hul pa spandeer. Kylie en Jordan se ma en Joost se vervreemde vrou, Amor Vittone, het ook saamgekuier.

“Joost het die dag baie geniet en ons ook,” sê Pieter.

Amor het vroeër Saterdag pragtige foto’s van haar, Joost en hul kinders op haar Facebook-blad gedeel en Joost ’n mooi dag toegewens. “Baie geluk @joostvanderwesthuizen met jou verjaarsdag vandag. Mag jy ’n wonderlike jaar hê en geseën word vir dit wat jy beteken vir almal! Baie liefde Jordan, Kylie en ekke xxx.”

Amor Vittone foto

Huisgenoot.com-lesers het Saterdag op Huisgenoot se Facebook-blad ’n stortvloed pragtige boodskappe aan Joost geskryf.

huisgenoot foto joost

Hier is van die hartroerendste lesersboodskappe aan Joost:

Francis Linstrom: Baie baie geluk aan ’n man wat SA se naam hoog gehou het, geval het, weer opgestaan het en soveel uithouvermoë aan die dag lê . Mag die tye wat nog voorlê saam met jou familie besonder geseënd wees.

Hendry B. Davids: ’n Liefdevolle en vreugdevolle verjaarsdag #9. Voorspoed en seën vir die jare vorentoe. Dankie vir die tyd wat jy ons kon bedien met uithalerspel op die rugbyveld. Jou talent, gawe en vermoë het baie blydskap gebring, veral jou aangee na Joel Stranski vir die nou onvergeetlike wen skepskop in ’95. Mag liefde en geluk jou in dag hierdie omarm. Ek vertrou, glo en bid met ’n dankbare hart dat jou gesondheid sal verbeter. Geniet die dag ou grote! Jy ken mos van oond skoonmaak en spel breek met doelgerigte aanvaal of selfs manhaftige verdediging. GOD'S RYKSTE SEËNINGE NR. 9!

Ricky Prins: Baie geluk met jou verjaardag Joost. Mag God vandag met ’n glimlag afkyk na jou en jou seën met voorspoed, geluk en positiewe denke. Jy’t reeds vasberadenheid en deursettingsvermoë. Jy’s ’n ster wat helder skyn.Nogmaals, geluk!

Johanna Grobler: Baie geluk, Joost. Wens jou nog baie vreudevolle jare toe. Jy is regtig ’n ‘fighter’ en ’n voorbeeld vir menige van ons. Geniet jou dag en die Here seën jou en jou gesin.

Marti Mitchell: Baie geluk met jou verjaarsdag vandag, Joost. Mag die liewe Heer jou ryklik seën met die nodige krag en gesondheid. Jy is ’n groot inspirasie vir ons. Jy sal altyd my held en hero in die nr. 9 trui bly. Geniet jou spesiale dag.

Hettie Perrins: Baie geluk, Joost! Mag die dag en die nuwe lewensjaar baie seën en liefde inhou. Dankie vir die inspirasie wat jy deur jou positiewe gesindheid aan almal van ons oordra!

Elizabeth Nagel: Baie geluk met jou verjaarsdag, Joost. Jy lyk goed en dis lekker om jou te sien glimlag. Jy is ’n vegter. Hou so aan!

Ander stories op Huisgenoot.com

Oud-Bokkaptein John Smit haak nou van die veld af

Kyk: Adele bak ’n skreeusnaakse poets op niksvermoedende winkelassistente

‘Vrugte-algebra’ laat internetgebruikers omtrent kopkrap

Ken jy bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars se regte naam?