Benewens die gebrek aan hare, is Dong gebore met ’n kleiner neus en ’n gesig wat beskryf word as “geduik” en “vol kraters”.

Alien Boy In Plastic Surgery Face Change

Dit is moeilik om “anders” groot te word in wat dikwels beskryf word as ’n konserwatiewe Chinese gemeenskap, maar Dong se kinderdae was veel moeiliker weens sy siekte en sy kwetsende bynaam.

Alien Boy In Plastic Surgery Face Change

Lees ook: Lyfkunstenaar verstom met besonderse driedimensionele kunswerke

Volgens Dong was sy tienerjare veral ondraaglik. Hy het op sy eerste dag op hoërskool begin om ’n hoed te dra.

[caption id="attachment_137911" align="alignnone" width="600"]Alien Boy In Plastic Surgery Face Change Ruimteseun soos hy nou daarna uitsien.[/caption]

Dong is verlede somer tot ’n universiteit in die stad Qingdao, in dieselfde provinsie, toegelaat en het ’n kans gekry om met die plaaslike media te praat. Hy het aan hulle erken dit was een van sy grootste drome om “normaal” te lyk.

Heel onverwags het donasies ter waarde van honderdduisende rande na Dong en sy gesin begin instroom. Mense van heinde en verre wou graag help om sy kosmetiese behandeling te befonds.

Lees ook: Afgeknoude vis kry tweede kans in die lewe ná besonderse oogoperasie

Alien Boy In Plastic Surgery Face Change

Dong se ouers het hom in Qingdao bygestaan tydens die operasie om soveel as moontlik van sy gesig te herstel. Hy het agterna soos ’n heel nuwe mens gelyk, met omvattende veranderings aan sy oë, neus, mond en tande.

Alien Boy In Plastic Surgery Face Change

Die veranderings is nie genoeg om hom heeltemal normaal of anoniem te laat lyk nie, maar volgens Dong het dit hom reeds die moed en selfvertroue gegee om sy nuwe lewe op universiteit die hoof te bied, wat op sigself vol nuwe uitdagings gaan wees.

Hy hoop ook sy nuwe voorkoms sal beteken hy sal nie meer “Ruimteseun” genoem word nie.