Dit kom voor asof die swetsende Johnny, veral bekend vir sy rol in die fliek The Pirates of the Caribbean, bitter ongelukkig is. Hy trippel in die kombuis rond met sy sonbril en ’n cowboy-hoed op. Kombuiskaste loop onder sy stewels deur, kombuiskasdeure word geklap, weer en weer, terwyl hy met tussenposes laat waai met “motherf******”.

Amber vra hom verskeie kere of iets die oggend gebeur het.

“Ons het nie eers baklei vanoggend nie,” sê sy in ’n sagte stem. Hy bulder die vraag uit: “Het iets met jou gebeur vanoggend?” en kort daarna moker hy iets buite sig van die kamera, vermoedelik ’n glas. Net daarna loop Johnny na ’n bottel waarin daar nog wyn is. “Wil jy iets mal sien? Ek sal jou iets f***** mal wys,” kom dit van hom terwyl hy ’n glas feitlik tot bo vul met die inhoud daarvan.

Op Amber se vraag of hy die hele bottel daardie oggend gedrink het, is dit duidelik nie wat Johnny wou hoor nie. Hy veeg die bottel met een haal uit die pad en probeer Amber se selfoon in die hande te kry.

Volgens TMZ beweer bronne na aan Johnny dat Amber die hele episode “orkestreer” het en die video so redigeer het dat dele uitgesny is waarin sy hom aanhits, selfs vir hom glimlag. Of die video deur die hof aanvaar sal word, is onseker, in alle waarskynlikheid omdat hy nie geweet het hy word afgeneem nie en omdat sy nie sy toestemming daartoe gevra het nie. Die video is glo maande voor Amber se bewering dat Johnny haar met ’n selfoon in die gesig gegooi het.
Amber het hom om ’n egskeiding gedagvaar na die paartjie slegs 15 maande lank getroud was.

A photo posted by ??Amber Heard ? (@amberheard_) on

Lees ook: Johnny Depp en Amber Heard maak skokaankondiging Kort nadat sy hom gedagvaar het, het sy met bewerings van huishoudelike geweld na vore gekom. Johnny ontken die bewerings heftig. Beide is glo slaggereed vir die hofsaak wat later plaasvind. Johnny praat van ’n geheime foto wat hom sal beskerm en kry steun uit verskeie hoeke.
Terwyl hy met sy arsenaal getuies sit, is Amber glo nie so geneë om te getuig nie.

Bronne: tmz.com, mirror.co.uk, news.com.au