Wat min mense van hom weet, is dat dié aantreklike sanger reeds as ’n tweejarige kannetjie sy liefde vir musiek ontdek het. In gr. 9 het hy formele opleiding in sang ontvang. Dit was nie net met sy stem wat hy groot hoogtes bereik het nie; hy was boonop ’n Springbok-gimnas. Kyk: Dis ‘Vive la France’ én ’n nuwe musiekvideo vir Francois van Coke! Vanjaar kom hy met nog ’n verrassing na vore met sy toetrede tot die Afrikaanse musiekmark. En dis beslis ’n welkome toetrede met een van sy oorlede pa se gunstelingliedjies.

Die liedjie, oorspronklik deur een van die grotes op die Afrikaanse musiekmark, Lucas Maree, is natuurlik Droomvrou.

“Dit is die heel eerste liedjie waaraan my pa my kleintyd bekendgestel het. Hy was ’n hopelose romantikus en ek het altyd geweet hy deel die sentiment van die dieper betekenis van die lirieke,” sê Jacques.

Lees ook: ‘Ek gaan beslis haaihokduik!’: Josh Groban verklap alles op sy SA-doenlysie

Tydens sy Idols-ervaring het Jacques hierdie waardevolle raad gedeel: “As jy iets wil navolg, maak oefening dit perfek. As jy weet jy het ’n talent, vervolmaak dit en doen dit uit jou hart uit.”

Gedagtig aan dié woorde van Jacques gaan Droomvrou net die begin van nog groter dinge vir hom wees.

Bronne: jacquesfan.tripod.com, twitter.com

Ander stories op Huisgenoot.com

Kleuter in die pad veroorsaak ontstellende vragmotorongeluk

Klop só lag-lag jou hoofpyn

Gucci-advertensie verbied oor ‘ongesond maer’ model

‘Vet Vincent’ die worshond skud die kilo’s af – en jou troeteldier kan ook

102-jarige vrou stralend oor graad wat sy ontvang 60 jaar nadat sy daarmee begin het

Aantal tiere wêreldwyd styg eerste keer in ? eeu

Hulp vir deurmekaar kiesers ná adres-SMS oor munispale verkiesing