Nee, dit was nie net ons nie!

[caption id="attachment_136075" align="alignnone" width="600"]Saamgestelde foto: YouTube, Twitter Saamgestelde foto: YouTube, Twitter[/caption]

Meghan Trainor is ook mal oor hierdie video van Rudi Smit. Die internasionale popster het inderdaad gereageer op die ongelooflike dansvideo van haar treffer, Me Too, wat deur Rudi, ’n danser van Kaapstad, gechoreografeer is. Lees ook: SA dansers se video neem die internet op horings “WOW WOW WOW UNBELIEVABLE slay my life!” het die sangsensasie saam met ’n skakel van die video van die Milnertonse danser aan haar meer as twee miljoen volgelinge getwiet.

Ons stem heelhartig saam, Meghan. Nadat Rudi Maandag hierdie ongelooflike video op YouTube gelaai he, het internetgebruikers die video vlerke en dit is al duisende keregegee.

“Die reaksie was oorweldigend,” het Rudy aan Huisgenoot vertel. “Ons het dit nie verwag nie.”

Rudi en die dansers in die video, wat meesal in hul twintigs is en van Plumstead en Parow in die Moederstad kom, het gehoop hierdie video sal Meghan se aandag trek.

En nou het dit! Wat van ’n Suid-Afrikaanse musiekvideo, Meghan? Ons is mal daaroor as planne bymekaar kom.