Die Australiese kat, wat glo die wêreld se “langste” kat is, se aanhangers op Instagram following staan op meer as 25 000 – en word by die dag meer!

Met geboorte was Omar net so groot soos al die ander Maine Coon-katjies in sy werpsel.

Vier jaar later weeg Stephy Hirst, van Melbourne in Australië, se geliefde troeteldeur ’n yslike 14kg en is 120 cm lank. Stephy moes ’n hondekrat gebruik om hom veearts toe te neem!

En wat doen jy as jy ’n interessante troeteldiere het? Jy begin ’n Instagramblad, natuurlik.

Toe Stephy twee weke terug vir Omar ’n Instagramblad oopmaak, het sy geen benul gehad dit sou so gewild word nie – een van haar foto’s is meer as 270 000 keer op Cats of Instagram gedeel.

Daarna het die Guinness Book of Records haar gekontak en gesê Omar is dalk die langste huiskat ter wêreld!

Met al die nuutgevonde aandag moes Omar aan baie dinge gewoond raak – soos om op nasionale televisie en in groot Australiese koerante te verskyn.

Stephy het aan BBC gesê Omar het “ietwat van ’n ineenstorting” gehad en “hanteer nie regtig al die aandag so goed nie”.

Sorry Penny, I didn't see your head there! @penny_and_rafi A post shared by Omar the Maine Coon (@omar_mainecoon) on

Dit beteken nie haar kat is ’n diva nie. Hoewel hy wat sy dieet betref net vleis eet wat vir menslike inname geskik is.

“Ons koop kangaroevleis by die supermark,” sê Stephy. “Dis al vleis wat ons kon kry wat hy wil eet.”

Sy daaglikse aktiwiteite behels om soggens vyfuur op te staan, waarna hy ’n paar skeppies droë katkos vir ontbyt eet. Hy eet rou kangaroevleis vir aandete.

En as sy maag vol is, ontspan hy in die huis, knip ’n uiltjie op die wipmat en speel in die agterplaas.

Omar het ook ’n paar interessante talente – hy kan deure, kombuiskassies en klerekaste oopmaak.

Stephy en Omar sal 12 weke moet wag om uit by die Guinness World Records uit te vind of Omar inderdaad die wêreld se langste kat is.

Tot dan “sien Omar net uit na slaap op die wipmat, weglê aan kangaroevleis en om ons saans uit die slaap te probeer hou,” sê Stephy.

Bronne: BBC, Metro, The independent