Geen wonder nie daar was groot blydskap toe hulle ’n geskenkbewys vir ’n restaurant-ete in Louisville, Kentucky wen.

Een van die twee het geweet alles is nie pluis nie. Toe hulle by die restaurant aankom, word hulle verfilm.

Lees ook: Diaan en Jody gesels oor die ‘antwoord op alles’

Toe begin sake skeefloop. Vyf groot manne mik na hul kant toe en konfronteer hulle.

“Wat is in jou sakke?” is die een vraag wat niemand graag wil hoor nie. Veral nie as die man wat die vraag aan jou stel, groot en ietwat gemeen lyk nie. Gelukkig daag daar toe ’n polisieman op wat die saak probeer beredder.

Maar daar’s ’n kinkel. Toe die “polisieman” Taylor vir ’n moontlike wapen deursoek, glip hy ’n boksie in Taylor se hand en die potensiële “moeilikheidmakers” trek toe los met ’n pragtige a cappella-lied.

En steeds was dit nie die einde van die verrassings nie.

Lees ook: Vyf dinge waarvoor mense nie begroot nie omdat hulle vergeet

Taylor het die komediant Tom Mabe ’n tydjie gelede genader en gesê: “Amanda is so ’n wonderlike mens en wonderlike ma, ek is so lief vir haar. Ek wil baie graag met haar trou, maar ek kan nie ’n troue of ’n wittebrood bekostig nie.”

Al wat Taylor wou bereik, was om die dag waarop hy die jawoord vra, ’n dag te maak wat Amanda nooit sou vergeet nie. En dit het gebeur.

Terloops, Amanda het “ja” gesê.

Bronne: prankingitforward.com, huffingtonpost.com, youtube.com

Meer oor Tom Mabe, Prank it Forward en Linkin’ Bridge

Tom Mabe word as ’n “skoon” komediant en goeie poetsbakker beskryf.

Prank it Forward is ’n webtuiste vir poetsbakkers en hul video’s. Video’s moet skadeloos en vernuftig wees. Dit moet ook ’n verskil in mense se lewe maak – “een lag en ’n skenking per keer”.

Die manne van Linkin’ Bridge is ’n bekende groep wat Louisville se inwoners gereeld met poetse beproef, maar altyd met ’n gelukkige einde.

Só het hulle in Desember verlede jaar Kersvreugde na die plaaslike polisiekantoor gebring.

Ook op Huisgenoot.com

Kyk: Ons het ’n nuwe gunsteling-lekkerbek op Instagram!

Kyk: Babahondjie ontsnap kake van ’n luislang

‘Ons honde kan skilder!’ Arbor en ‘Dog Vinci’ is ware Paw-casso’s

Kyk: Dié 7 akteurs besit hotelle – en so lyk dit!

Francois van Coke gesels oor ouderdom en sê hoe dit hom verander het

Gelukkige einde vir oupa ná ’n hartseer foto van hom soos ’n veldbrand versprei