Sy is skaars drie jaar oud, maar Menandi Heyneke van Thabazimbi het duidelik klaar haar liefde vir Karlien van Jaarsveld se musiek ontdek.

Menandi se ma, Gwennie, het hierdie oulike video aan Huisgenoot gestuur waarin haar dogter luidkeels saamsing op Karlien van Jaarsveld se treffer, Geskeurde Jeans.

"Julle MOET die video kyk! Dis oulik verby!" het Gwennie opgewonde laat hoor.

Gwennie vertel verder dat sy die video ook op haar Facebookblad gedeel het, waar dit ’n wonderlike reaksie ontlok het. Maar wat hoop sy om eindelik te bereik?

"Kan ons nie hierdie passievolle driejarige help om haar droom waar te maak nie? Haar droom om Karlien van Jaarsveld te ontmoet."

Wat sê jy, Karlien? Wil jy graag jou grootste fan ontmoet?