Praat van ’n kat met nege lewens en BenBen se naam sal opduik. Met sy verfrommelde oor wat menige rugbyvoorspeler s’n sal troef, vergruisde rugstring en verskeie diep snye aan sy tenger lyfie was dit bloot ’n genade dat hy enigsins oorleef het nadat hy vermoedelik deur ’n groter dier aangeval is. So byna was BenBen se oorlewingsinstink tevergeefs. Niemand wou die katjie hê wat soos ’n karikatuur eerder as ’n kat gelyk het nie. Hy is na ’n diereskuiling geneem waar hy kort voor lank die tydige met die ewige sou verwissel. Dié keer sonder uitkomkans.

By hierdie foto het BenBen sy hartseer met die kuberwêreld gedeel: “Wag vir iemand om my huis toe te neem . . . maar niemand wou nie.”

A photo posted by BenBen (@benbencatcat) on
BenBen het by hierdie foto die gawe mense van die dierekliniek bedank vir die koddige pienk verband en dat hulle so gaaf met hom was.

A photo posted by BenBen (@benbencatcat) on

Min het BenBen geweet sy lewe sou weer ’n keer gespaar word, dié keer deur ’n vrou wat by ’n noodkliniek vir diere werksaam is. Haar naam is nie bekend nie.

Maar sy het nie omgegee dat die kans skraal sou wees dat BenBen met sy vergruisde rugstring ooit weer een gekussingde poot voor die ander sou sit nie. Dit het ook nie saak gemaak dat hy vir die res van sy oorblywende lewens op pynmedikasie sal wees nie.

Al wat sy en haar kêrel wou doen, was om hierdie kat met die onuitspreeklike hartseer op sy gesiggie na sy laaste huis op aarde ooit te neem: hul eie.

Hoe het BenBen op die nuus reageer? Die paartjie het aan LoveMeow vertel dat hulle sowat ’n uur met hom by hul huis deurgebring het nadat hy aan die res van hul katkroos bekend gestel is.

“Hy kon nie genoeg spin, glimlag en ‘dankie-drukkies’ gee nie,” het hulle vertel. Hulle beskryf hom as die klein toesighouertjie van die huis wat altyd wil weet wat rondom hom aangaan. O ja, wat van daardie vergruisde rugstring wat hom van sy mobiliteit sou beroof? BenBen loop nie net deesdae nie, maar kan ook hardloop en selfs klein sprongetjies uitvoer. Die enigste ding wat nog nie in BenBen se lewe verander het nie, is die hartseer op sy gesiggie. Maar wie wil hom dan nou anders laat lyk as hy soveel liefde in ruil ontvang? Hierdie boepens-ponie is glo BenBen se voorkeurspeelding.

A photo posted by BenBen (@benbencatcat) on

Natuurlik sorg BenBen ook vir sy eie bydrae tot kattekwaad in die huis.

A photo posted by BenBen (@benbencatcat) on

Dié mussie is ’n geskenk van sy mens-pa.

A photo posted by BenBen (@benbencatcat) on

Wie kan dan nou vir hierdie pleitende gesiggie nee sê?

A photo posted by BenBen (@benbencatcat) on

Wel, jogurt was beslis nie deel van BenBen se beplanning nie.

A photo posted by BenBen (@benbencatcat) on

BenBen is ook nie skaam om sy innerlike Mountie na vore te laat kom nie.

A photo posted by BenBen (@benbencatcat) on

Die naam is BenBen... James BenBen.

A photo posted by BenBen (@benbencatcat) on

Bronne: boredpanda.com, lovemeow.com, hellogiggles.com, indy100.com