Die Roemeense illustreerder Andrei Clompos het ’n gesonde verbeelding – en hy gebruik dit om sy geliefde beagle, Juno, en ’n paar van sy maats op reise te neem waarvan die meeste troeteldiere maar net kan droom. [post-slider] “Verlede jaar het ek Juno by my projekte begin insluit,” sê die kunstenaar van Transsilvanië. “Dalk onthou jy hom van letter B – beagle, van die projek Dog Alphabet, wat ek verlede herfs geskep het.

“Met die internet en ander groot kunstenaars as inspirasie het ons ’n foto-ateljee ingerig, ’n fotosessie gereël, ander diere laat deelneem, en met ’n biblioteek van foto’s vorendag gekom wat gereed is om aangepas te word. “Die feit dat ek van Transsilvanië kom het my geïnspireer om hom in ’n vampier te omskep; op 5 Julie het Juno van Nasa by Jupiter aangekom, toe maak ek die illustrasie wat by Juno se naam pas, ensovoorts.”
Soos jy op die foto’s kan sien, is Juno en sy maats die volmaakte modelle vir Andrei se kreatiewe fotosessies. Hier is ’n paar van ons gunstelinge: