Meer nog, as daar ’n spesiale geleentheid is, kan jy maar weet daar gaan gewikkel, gesing en tot in die volgende generasie genot uit ’n aand propvol musiek geput word.

Dis presies wat gebeur het tydens die viering van Huisgenoot se honderdste bestaansjaar met ’n konsert wat nie maklik vergeet gaan word nie. Van ons land se topkunstenaars het Saterdag, 26 Maart 2016, die gehoor van meet af aan betower terwyl ongelooflike herinneringe en foto's van die afgelope eeu op die verhoogskerms gedeel is.

Lees ook: So het kunstenaars soos Robbie, Karlien en Kurt reggemaak vir die #HG100-konsert

Vir diegene wat graag daar sou wou wees, maar ongelukkig nie kon nie, het ons danksy ons KKNK-vriende, kollega Marelize Potgieter en van die feesgangers ’n paar twiets wat ons met julle kan deel.

Lees ook: Pedro Kruger: ‘Jongmense hoef nie dieselfde foute as ek te maak nie’ Dankie vir elkeen - of jy nou 'n stoel reggeskuif het of deel was van die reuse-produksie agter die skerms, en of jy dit bygewoon het of opgetree het! Terwyl alle (nat) paaie na Oudtshoorn gelei het hierdie naweek, was dit 'n aand duisend danksy elkeen van julle.

Ander stories op Huisgenoot.com

Kyk: Babahondjie ontsnap kake van ’n luislang

Tien wenke oor hoe om ’n prettige Paaseiersoektog vir jou kinders te reël

Kyk: Die internet op hol oor ‘papierdun’ vroue

‘Ek leef nou met my vel’: Brandoorlewende vra ander op modeblog om hul littekens te aanvaar