Die hoofredakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT), dr. Willem Botha, het Donderdag, 10 Junie, by Huisgenoot kom inloer om ’n sertifikaat aan die redakteur, Henriëtte Loubser, te oorhandig nadat Huisgenoot die woord “huisgenoot” eksklusief geborg het.

WAT oorkonde

Willem het ook ’n bottel Rinkink uit die WAT se eie wynreeks, Sluk jou Woorde (“elke sluk vertel ’n storie”), aan die redaksie geskenk.

WAT wyn

Hy het die redaksie aangespoor om die WAT se elektroniese weergawe te gebruik, wat die volle inhoud van die gedrukte WAT’s van die begin van die letter A tot by “skooier” bevat.

Daarvan het hy ’n eksemplaar aan die geskenk tesame met ’n CD van die Etimologiese Woordeboek en ’n nuttige sakpaswoordeboek Basic Afrikaans, the Top 1000 Words and Phrases.

Ander stories op Huisgenoot.com

Reef Carneson, die terminaal siek seuntjie, eindelik skool toe!

Kan jy raai watter SA ster lyk op ’n haar soos die Suits-akteur Gabriel Macht?

#Tempos2016: Stem nóú vir vanjaar se wenners en jy kan ’n motor wen

12-jarige se musiektalent verstom selfs die kwasterige Simon Cowell

Oppasser wat seun ‘mishandel’, aangekeer ná aanlyn woede