Hugh Jackman het Maandag ’n oulike huldeblyk aan sy vrou, Deborra Lee-Furness, gemaak terwyl hulle hul 20ste huweliksherdenking gevier het. Die Australiese ster het die spesiale geleentheid gedenk deur ’n swart-wit foto van die egpaar op hul troudag in Melbourne in 1996 op Instagram te deel. Op die foto glimlag Hugh, wat ’n bril op het, breed en Deborra, geklee in ’n laehalsrok, lyk stralend langs hom. “Twintig jaar gelede op hierdie dag . . .” het die akteur by die kiekie geskryf.

20 years ago on this day ...

A photo posted by Hugh Jackman (@thehughjackman) on

Hugh (47) en Deborra (60), wat mekaar in 1995 op die stel van die Australiese TV-program Correlli ontmoet het, het twee aangenome kinders, Oscar en Ava.

Die X-Men-ster praat dikwels oor sy liefde vir die aktrise en in Maart vanjaar het hy die geheim van hul gelukkige huwelik tydens ’n verskyning op die Australiese oggendprogram Sunrise onthul.

Lees ook: Bekende paartjie deel in groepswoeps Gevra wat sy lewensleuse is, het die aksieman erken dit is belangrik om sy vrou se geluk bo alles anders te stel. “Die belangrikste een word elke dag by my ingeprent: gelukkige vrou, gelukkige lewe. Dis die leuse. Ons is op die punt om ons 20ste huweliksherdenking te vier,” het hy stralend gesê. In Februarie het hy in ’n openhartige gesprek met die Amerikaanse geselsprogramaanbieder Ellen DeGeneres vertel van die oomblik toe hy Deborra die eerste keer sien.

I love you with all my heart! #paris #tbt

A photo posted by Hugh Jackman (@thehughjackman) on

“Dit was my eerste werk, waar ek haar ontmoet het. Sy was die ster. Ek was smoorverlief op haar. Almal was,” het hy glimlaggend gesê.

“Die hele span was verlief op haar en ek was so verleë dat ek sowat ’n week lank nie met haar gepraat het nie.” Lees ook: Só gaan dit deesdae met Ben en Jen Hugh het later die moed bymekaargeskraap om haar uit te vra en hy is dankbaar hy het. “Sy is die beste ding wat al met my gebeur het,” het hy bygevoeg.

A photo posted by Hugh Jackman (@thehughjackman) on

“Ek is eintlik regtig dankbaar ek het haar ontmoet voor enigiets anders gebeur het, want alles wat in my loopbaan en op die skerm en van die skerm af gebeur het, het ons altyd saam gedoen.”

© Cover Media

Ander stories op Huisgenoot.com:

Bok-legendes en rugbykenners sê hul sê oor nuwe Bok-breier

Parkinsons: Die siekte wat gewoonlik met ’n bewerige hand begin en talle onkant vang

Gucci-advertensie verbied oor ‘ongesond maer’ model

Aantal tiere wêreldwyd styg eerste keer in ? eeu