“Sy was wonderlik,” vertel die Brasiliaanse beroepsfotograaf Ana Paula Grillo oor die worshondjie Lilica. “Sy het op ’n manier geglimlag; dit was so oulik.”

Sy het op 15 Mei vyf foto’s van Lilica, haar buurvrou se dragtige hondjie, op haar Facebook-blad gedeel. Die worshond het ’n strik met ’n pienk blom om haar nek gehad en byna in elke foto pak sy tande uit vir die kamera.

[caption id="attachment_121686" align="aligncenter" width="625"]Foto: Facebook (Anna Fotografia) Foto: Facebook (Anna Fotografia)[/caption]

Binne dae het 70 000 mense die foto’s op die Facebook-blad van haar onderneming, Anna Fotografia, in Campo Novo do Parecis in Mato Grosso, Brasilië gesien.

[caption id="attachment_121682" align="aligncenter" width="600"]Foto: Facebook (Ana Paula Grillo) Foto: Facebook (Ana Paula Grillo)[/caption]

Nou het oor die 300 000 mense al kommentaar gelewer op die ma en haar pasgebore babahondjies. “Dit lyk asof moederskap haar behoorlik laat gloei,” skerts Ana.

[caption id="attachment_121680" align="aligncenter" width="600"]Foto: Facebook (Ana Paula Grillo) Foto: Facebook (Ana Paula Grillo)[/caption]

Albei fotosessies het haar sowat 20 minute geneem, maar verskaf internetgebruikers ure se genot. Die hondjies het ongelukkig almal reeds huise.

[caption id="attachment_121683" align="aligncenter" width="600"]Foto: Facebook (Ana Paula Grillo) Foto: Facebook (Ana Paula Grillo)[/caption]

As jy graag diere hier in Suid-Afrika wil aanneem, besoek jou plaaslike dierebeskermingsvereniging. Besoek die Nasionale Dierebeskermings-vereniging vir nog inligting.

Bronne: wsav.com, ooyuz.com, irishmirror.ie, thedodo.com, facebook.com/anapaulagrillophotograhper

Saamgestel deur Pieter van Zyl

Ook op Huisgenoot.com

Kyk, daar vlieg ’n . . . hond?!

Terloops, as die honde nie vlieg nie, sing hulle!

Kyk: Ons het ’n nuwe gunsteling-lekkerbek op Instagram!

Kyk: Babahondjie ontsnap kake van ’n luislang

‘Ons honde kan skilder!’ Arbor en ‘Dog Vinci’ is ware Paw-casso’s

Kyk: Dié 7 akteurs besit hotelle – en so lyk dit!