Enige honde-eienaar sal weet dat behalwe kos, die woord 'bal' waarskynlik die beste reaksie by jou dierevriend uitlok.

Tydens 'n uitstappie in die sneeu het een honde-eienaar eerstehands ervaar hoe vasberade haar viervoetige vriend werklikwaar is wanneer daar balspeletjies gespeel word.

Lees ook: Kyk wat vang hierdie varke aan!

Van die oomblik dat sy die woord sê, spits die ore en daardie oë sien net een ding raak: 'n bal wat gegooi kan word. Maar o wee!

Die bal is van sneeu gemaak, en soos dit die sneeu tref, is daar natuurlik eensklaps niks meer van die bal oor nie. Maar kyk net hoe diep en ver word daar gegrawe om die ontwykende, en nou verdwene, sneeubal op te spoor.

Ook op huisgenoot.com

Heldhaftige bulterriër red SA vrou van kobra

Video: Ongelooflike oomblik toe sirkusleeus vryheid in SA tuiste ervaar

Ly jou hond dalk aan depressie?

Dié kat neem beter selfies as jy

Video: Hondjie klap saam op sy gunsteling-liedjie