Om 'n akteur te wees sit beslis nie in almal se broek nie, maar wag tot jy boonop ’n totale gedaanteverwisseling ook moet ondergaan.

Veteraan akteur Tobie Cronjé het vir ons gewys wat hy alles moet doen vir sy rol as Juffrou Rottenmeier in die musiekblyspel, Heidi, wat vanjaar by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees wys.

Kyk: Huisgenoot vier 100 jaar by die KKNK

Eers sit hy ’n sykous oor sy kop, dan begin hy met sy grimering en uiteindelik is dit die uitrusting en die hare.

Stap 1: Die sykous

tobie kous

Stap 2: Die pruik, gevolg deur grimering

tobie pruik

Stap 3: Aangename kennis, Juffrou Rottenmeier!

[caption id="attachment_121167" align="aligncenter" width="600"]Foto: Peet Mocke Foto: Peet Mocke[/caption]

"Dit is ’n manier om in karater te kom," se Tobie. "Met die ander stuk wat ek doen, Kul, dra ek glad nie grimering nie en dan moet ek ander maniere kry."

Lees ook: Chris Vorster: ’n Mens moet wegkom van die ‘rat race’ in Johannesburg en 7de Laan

Vir hom is dit gewoonlik die pruik wat hom finaal in die karakter omtower.

"Veral met Juffrou Rottenmeier. Ek dink dit is omdat haar hare soveel anders as myne is."

tobie op verhoog

Tobie bly nie noodwendig agter die verhoog in karakter wanneer hy speel nie.

"Ek dink baie Amerikaanse akteurs doen dit. Daar is selfs akteurs wat daarop aandring dat die mense wat die beligting en klank doen hulle op die karakter se naam noem. Nee, ek doen nie dit nie, want dan beleef jy later die karakter se emosies as jy huis toe gaan. Ek het genoeg probleme van my eie," skerts hy.

Op 67-jarige ouderdom en na vier-en-veertig jaar in die bedryf is Tobie nog net so aan die gang soos altyd. Hy het verlede jaar aan drie flieks gewerk, Chemo Club, Snaaks Genoeg en die Rebellie van Lafras Verwey en later vanjaar is hy in nog ’n toneelstuk, Ooms, te sien.

Lees ook: Anneli van Rooyen praat oor haar siekte: ‘Soms is daar amper niks van my oor nie’

Dit is vir hom belangrik om te kyk na wat hy eet en hy is al sedert sy jong dae 'n vegetariër.

"Daar in 1972 toe ek begin speel het, het ek ’n vriendin gehad met so tuintjie waarin sy groente geplant het en toe was vleis ’n baie duur ding."

[caption id="attachment_121162" align="aligncenter" width="600"]Foto: Peet Mocke Foto: Peet Mocke[/caption]

Hy eet ook glad nie suiwel of gluten nie, omdat hy allergies is daarvoor en probeer soveel as moontlik rou kosse eet. Hy doen ook al vir baie lank Tai Chi en dit help hom om fiks en gesond te bly.

"Dit is ’n soort Oosterse gevegkuns, maar dit is die stadige een. Dit is baie versigtig en nie aanvallend nie."

Hy is nog dol daaroor om as akteur te werk maar glimlag skaam en erken dat dit al hoe moeiliker vir hom word om woorde te leer.

"Op my ouderdom raak dit maar 'n bietjie van ’n uitdaging."

- Marelize Potgieter

Ook op Huisgenoot.com

Mynie Grové en Karen Zoid gee die lied ‘Sweef soos ’n arend’ nuwe vlerke

Jay vier 20 jaar in die musiekbedryf; en gesels oor daai val . . .

Kokkedoor-wenners gee raad en sê hoe jy die groot familie oor die Paastyd moet onthaal

Só vier SA bekendes soos Elvis Blue, Johan Stemmet en Rina Hugo Paasfees