Eric die Legende, soos hy nou bekendstaan, het ’n internetheld vir talle kinders geword wat ook nie hul laaste bietjie groente wil eet nie.

Hierdie kaketoe het glo op ’n dag besluit basta met groente en van daar af geweier om enige groen kossoort te eet.

In ’n video wat Eric se eienaar op YouTube gelaai het, vra hy die kaketoe om vir “al die kinders (te wys) hoe jy jou broccoli eet”. Smoorkwaad gooi hy sy bakkie met baie houding en ongelukkigheid van die tafel af.

Ná talle probeerslae eet Eric eindelik net een stukkie en besluit om weer die res van die broccoli op die grond te smyt.

Eric spog nou al met amper 11 000 intekenaars op sy YouTube-kanaal.

Kyk net hierdie skreeusnaakse video:

Bronne: The Huffington Post