Akira Chan, ’n grimeerkunstenaar van Hongkong, het ’n video op Facebook gedeel van ’n Chinese pendelaar wat dramaties tekere gaan nadat haar selfoonbattery na bewering tydens ’n treinrit pap geraak het.

Medepassasiers kyk in stilte toe terwyl sy hartverskeurend huil en terselfdertyd bewys ’n ontroosbare kind is niks in vergelyking met haar nie.

Die vrou is ook nie die eerste mens wat epies tekere gaan in die openbaar nie. ’n Vrou het in Februarie heeltemal ontplof toe sy haar veerboot by ’n terminus in Kanada verpas het.

Die video wys hoe die vrou so hard skree as wat sy kan terwyl sy haar voete stamp.

Bronne: dailymail.co.uk, metro.uk