Angelique het ’n pragtige foto van haar en manlief Jacques Potgieter op Instagram gedeel. Sy en Jacques het glo eindelik kans gekry om op ’n romantiese afspraak te gaan en gehaltetyd saam deur te bring.

Op die foto glimlag Angelique in ’n sexy swart uitrusting en ’n mens sal nie kan dink sy was ’n paar weke gelede nog swanger nie.

“Vir die eerste keer in vyf weke, dis omtrent tyd!” het sy laggend gesê in ’n kort video wat sy met haar aanhangers op Facebook gedeel het.

 

Bout time we went on a date! #cabinfever #newparents #moeg @jacquespotgieter7

A photo posted by Angelique Potgieter (@angeliquegerber83) on

Angelique vertel in ’n videoblog hoe sy haar maag versorg sedert haar baba se geboorte.

Sy dra ’n dik lyfband onder haar klere om “alles binne en styf te hou” en masseer haar maag ook dikwels met olie. “Ek doen dit terwyl ek plat lê,” verduidelik sy in die video. “Jy doen dit om met die bloedtoevoer te help. Ek doen dit omtrent 10 minute lank.”

Sy vryf dan haar maagspiere ook in lynreg bewegings, asof sy dit nader aan haar naeltjie trek. “Ek kon definitief voel hoe my spiere verander toe ek my magie gehad het,” verduidelik sy verder in die video. “Ek doen dit ook 10 minute lank terwyl ek plat lê.”

Angelique se kleinding, wat nes sy rugbyspelerpa Jacques heet, is op Woensdag 16 November gebore.

 

Our pride and joy! Thank you Heavenly Father for this incredible perfect little boy. Thank you to my husband @jacquespotgieter7 he was AMAZING he stood by my side every step of the way, encouraging me, reminding me to breath, talking me through everything like a real pro, I was in such immense pain but he kept cheering me on - how do I ever thank you for staying so calm and just being a real champion taking it all in your stride. I am blessed to call you my husband and now a father! My mommy @lynettestemmet thank you for always holding my hand, you were the once crying with me and feeling my every pain, your love and compassion was also what I needed yesterday! Our little warrior worked just as hard and I'm so proud of him for pushing along with mommy! After a hard long and lets be honest PAINFUL battle, the most precious gift ever given to me was born at 5:30pm Japan time, he weighed in at 3.170kg and is 52,5cm long. Thank you Father that I could give birth naturally. "The Lord bless you and keep you, the Lord make His fave shine on you, and be gracious to you, the Lord turn His face toward you and give you peace!" I haven't stopped praying for you little Jacques and mommy will always love you and be here for you!

A photo posted by Angelique Potgieter (@angeliquegerber83) on