“Ek het Maandag my knie gebreek nadat ek gegly het in die reën en het vandag ’n fotosessie saam met my vriendin Lavonne Bosman gedoen. Sy het ’n ongelooflike kunsfoto van my en my gebreekte been geneem,” vertel sy.

“Vanaand gaan ek ’n fliek kyk en net rus, want die naweek gaan ons partytjie hou!”

En moenie dink die ouderdom pla dié talentvolle aktrise nie. “Ek geniet dit om ouer te word en gemaklik in my lyf te voel. Ouderdom is net ’n getal,” meen sy.

-       Joshua Carstens