'n Vernietigende brand het Donderdag op die boonste verdieping van die Hiranandani Tower-woonstelblok in Moembai uitgebreek. Die brandweer het volgens berigte daarin geslaag om al die inwoners te ontruim en ook die brand binne ongeveer drie ure onder beheer te bring.

Die brand is genadiglik onder beheer gebring voor dit verder in die gebou, en na ander geboue, kon versprei. Die oorsaak van die brand word ondersoek maar voorlopige bewerings dui dat 'n kortsluiting die oorsaak kon wees.

Bronne: dnaindia.com, indiatoday.com, theindianexpress.com