Dié met hoogtevrees moet maar wegkyk – hierdie ontsenuende video wys die oomblik toe ’n sprong vir een soldaat skeefloop.

Hy het die uniform van die Mexikaanse gewapende mag aangehad en word deur die vliegtuig gesleep nadat sy statiese lyn nie sy valskerm ontplooi het nie.

Die dramatiese beeldmateriaal wys hoe die soldaat hulpeloos tol soos hy in die vliegtuig se glystroom vasgevang word. Sy rasende kollegas probeer hom dan terugtrek.

Die twee minuut lange video eindig voor die soldaat suksesvol gered is, maar hy het blykbaar weer veilig in die vliegtuig gekom.

Hy sterk glo in die hospitaal aan.