Twitter is deesdae die nuwe Facebook. Ons het by ‘n paar bekendes gaan uitvind hoe hulle woeker op dié sosiale netwerk.

Ons het die vrae via Twitter aan die bekendes gestuur en sommer blitsig hulle antwoorde teruggekry.

@KatlegoMaboe:

Hoe gereeld twiet jy?

Ek twiet nogal baie oor wat ek deur die dag aanvang en die dinge en mense wat my inspireer. Ek twiet ten minste vyf keer ‘n dag.

Twiet jy meestal van jou selfoon of rekenaar?

Wanneer ek twiet, doen ek dit of van my selfoon of van my iPad af. Afhangende van watter een die naaste is aan my. Ek verkies my foon.

Wie sal jy voorstel vir #FF?

Ek sal @KhayaDlanga voorstel vir 'n #FF. Sy twiets is soms snaaks, soms ernstig en soms heeltemal random.

@JakkieLouw:

Hoe gereeld twiet jy?

Ek twiet so 10 tot 20 keer daagliks.

Wanneer het jy by Twitter aangesluit?

Ernst Kleinhans van Select het my verslawing begin so jaar gelede.

@ElanaAfrika:

Wanneer twiet jy:

Ek twiet veral wanneer ek op lug is by @945Kfm. My luisteraars hou baie daarvan.

Wanneer het jy by Twitter aangesluit:

Ek het eers laasjaar begin.

Hier is nog bekendes wat jy op Twitter kan volg:

@SimonRademan:

Ek het in 2009 aangesluit by Twitter, maar nie gereeld getwiet nie. So drie maande gelede het ek spoed opgetel en nou twiet ek sowat vier keer ‘n dag.

@Liezlv:

Ek twiet so 30 tot 40 keer 'n dag.

@wicusvdm:

Elke halfuur, ten minste. Slegs van foon af, soms iPad.

Volg Huisgenoot op Twitter.

Weet jy nie hoe om te twiet nie? Hier is 'n paar handige wenke.

*#FF staan vir Follow Friday en is 'n Twitter-term wat gebruik word om mense aan te moedig om 'n persoon op Twitter te volg.