Dit is presies wat een strandganger by ’n Kaapse strand oorgekom het. Arrive Alive het Dinsdag ’n video op Twitter gedeel wat wys hoe ’n witdoodhaai baie, baie naby aan die strand swem. Volgens hul inskrywing is die video naby Strandfontein in Kaapstad geneem. Spitsvondige internetgebruikers het egter gou daarop gewys dat dieselfde video reeds ’n tyd gelede op YouTube verskyn het. Ongeag laat dit jou steeds in verwondering staar na dié reusediere wat soms so naby aan die kusgebiede beweeg. Kyk hier na die video wat Arrive Alive vanoggend gedeel het:

Dit laat natuurlik die vraag: is dit al veilig om weer terug te gaan in die water?!