Sommige towenaars kan ’n haas uit ’n hoed ruk – hierdie towenaar kan ’n slang aan die slaap streel!

In dié bisarre video konfronteer ’n “slangtowenaar” die reptiel, wat eers sy kop oplig toe die man nader kom.

Etlike sekondes later leun die man oor die slang en sit bloot sy hand oor die slang se kop terwyl hy die reptiel se aandag met sy ander hand aftrek.

Hy tel die slang op en dit wil voorkom of hy ’n soentjie op die slang se kop plant voor hy die slang weer op die grond neersit.

Hy streel dan die slang tot dit heeltemal stil lê. Hy tel die reptiel ’n tweede keer op, rol dit so een of twee keer op en plaas dit in ’n sak wat ’n ander man vashou.

Dit is nie duidelik waar nie video geneem is nie, maar een ding is seker: Ons het baie meer van dié soort towenaars nodig!

Kyk die video hier:

Bronne: mirror.co.uk, youtube