Een ding is seker: Pascal Pienaar (beter bekend as die bekkige Karli in Binnelanders) kort beslis baardolie, want haar boskasie sal ’n paar ouens laat bloos!

"Ek groei my baard al ’n week," vertel die ster in ’n kort video wat sy op Instagram gelaai het. "Ek is so bietjie agter, want ek het nie die eerste November begin nie. "Ek was bietjie skepties gewees om by die veldtog aan te sluit waar vrouens nie rerig aan kan deelneem nie, maar hier is dit nou," het sy skersend gesê. Voor jy dink dié blondine het dalk ’n oormatige hoeveelheid testosteroon, moenie bekommer nie. Die video is met die app MSQRD geskiet wat verbruikers toelaat om koddige goed soos baarde en brille op hulle gesigte te sit.

#movember #novembre #causes #beards #beardsofinstagram #realwomenhavebeards

A video posted by pascalie (@pascalie) on

Die Movember-beweging, waartydens manne aangespoor word om ’n snor of moestas, hoe jy dit ookal wil noem, te kweek, is ’n internasionale bewusmakingsveldtog van mans se gesondheidsprobleme soos prostaat-en testikulêre kanker.

Maar natuurlik is ons nuuskierig om te sien hoe daardie snorre van julle vorder. Jul regte snorre, natuurlik!

Deel jul foto's met ons deur dit na web@huisgenoot.com te stuur. Gebruik die woorde "My Movember" in die onderwerplyn. So kan ons nog meer manne aanmoedig om die skeermes selektief te gebruik!

KeepcalmUSE