’n Video wat soos veldbrand op YouTube versprei het, wys die ysingwekkende oomblik toe ’n spinnekop uit ’n piesang bars.

Die video is getiteld I Just Wanted To Eat A Banana en die kamera fokus op die vrug wat beweeg met iets wat daarbinne vasgekeer is.

Oomblikke later fokus die kamera op die deel wat beweeg en op daardie presiese oomblik word die oomblik vasgevang wanneer die spinnekop uit die piesang ontsnap. Opgemaak of die ware Jakob? Besluit maar self.

Bronne: dailymail.co.uk, metro.co.uk