’n Mens kan byna nie glo hoe groot Nicholis (37) en sy blonde vroulief Denise (29) se eersteling geword het nie. Sy is sowaar al ’n jaar en twee maande oud. “Daddy loves his Baby! #daddy #daddysgirl #daddyslittlegirl #daddyisarocker #love #holylove #daddyslittleprincess #daddyslittleangel,” het dié raakvat-pa Sondag op sy Instagram- met drie gesiggies met hartjie-ogies geskryf.

A photo posted by Nicholis Louw (@nicholis_louw) on

Nicholis het Maandag aan Huisgenoot vertel om die eerste keer pa te word was byna soos “bomskok”. Hy het wel gou die pajama drills gewoond geraak. “Ek raak net liewer en liewer vir haar by die dag,” het Nicholis oor sy prinsessie geswymel. “Ek meen, dit is 'n wonderwerk, die klein regte mensie. Elke asempie wat sy neem. Saans as ons gaan slaap dan sit ek net eers my hand saggies op haar ruggie om te voel hoe sy asemhaal.” Die Ek Wil My Baby Hê Vanaand-sanger sê hy en Denise, wat 20 Julie 2014 getroud is, geniet elke klein dingetjie wat hul dogtertjie doen en leer.
“Miané leer nou hoe om 'n mens skrik te maak. Sy geniet dit net so om skrikgemaak te word - dan skaterlag sy.” Huisgenoot het verlede jaar berig die egpaar is op hul knieë gedwing toe Miané ná ’n noodkeisersnee 24 dae lank in die hoësorgeenheid moes deurbring nadat sy nege weke te vroeg op 20 Augustus gebore is.

A photo posted by Nicholis Louw (@nicholis_louw) on

Die wonderwerkie was met haar geboorte byna so groot soos haar pappa se hand. Nicoholis het met Miané se tuiskoms in Centurion vertel die beste deel van pa-wees is om “daardie klein lyfie vas te hou”.

Lees ook: Nicholis Louw verklap die nuus van eersteling se geboorte

En dit is klaarblyklik steeds die geval!