Sy's een jaar oud!

Die hertog en hertogin van Cambridge se jongste spruit vier Maandag haar eerste verjaarsdag, en om dié geleentheid af te skop het Kensington Paleis die skattigste foto's van die jong prinsessie uitgereik.
Nes die eerste amptelike foto's van Charlotte ’n paar maande gelede, is hierdie oulike kiekies ook deur haar ma, die kranige fotograaf Kate, geneem. Lees ook: Ontmoet al die koninklike kleinkinders op die foto wat vir die koningin 90ste verjaardag geneem is
"Die hertog en hertogin is opgewonde om hierdie nuwe foto's van prinses Charlotte te deel," het die koningshuis Sondagoggend op Twitter geskryf.

"Die hertogin het hierdie foto's van haar dogter in April by hul huis in Norfolk geneem."

Lees ook: 7 koninklike kleingoed sal jou hart vermurwe

"Die hertog en hertogin geniet dit om hierdie familiefoto's te deel voor hul dogter se eerste verjaarsdag. Ons hoop dat almal die foto's net so baie soos ons geniet," staan daar verder. Kate spandeer natuurlik baie meer tyd voor die kamera as daaragter. Dié ma van twee is onlangs aangewys as die voorbladgesig vir die gesogte tydskrif Vogue se spesiale 100ste gedenkuitgawe. Die 34-jarige koninklike gaan in Junie op die tydskrif se voorblad pryk.

Kate lyk besonder gemaklik op die foto's wat onlangs in die platteland naby hul Norfolk-huis geneem is.

Ook op Huisgenoot.com:

Onbeholpe Puk deur eiendomsagentbord deurboor

Ontmoet SA se eerste Mej. Plusgrootte!

‘Die dag toe die dokter nie my ander baba kon vind nie,’ vertel pa van tweeling

‘Sê maar ek gaan dood. Ek glo Jesus gaan my gesond maak,’ sê sesjarige

Vreesaanjaende oomblik toe seun uit tuimeltrein gly en desperaat aan pa vasklou