Hou jy soms te naby aan ’n treinspoor stil? Of dalk nog erger: Hou jy hoegenaamd by ’n spooroorgang stil?

Die gratis nuusapp NetNuus het die naweek ’n video op Facebook gedeel en sedertdien is die video al byna 160 000 keer gekyk!

Volgens die inskrywing het ’n vrou in die Oos-Vrystaat naby Reitz hierdie skrikwekkende video geneem waar ’n trein en vragmotor effens “handgemeen” raak.

Hou jou asem op!