’n Hond is waarlik die mens se beste vriend.

Danielle Jacobs, by wie Asperger-sindroom in 2013 gediagnoseer is, het ’n video gedeel van hoe haar hond haar gewelddadige ineenstorting onderbreek.

Die 24-jarige het haar Rottweiler, Samson, geleer om te keer dat sy haarself beseer. Sy het die video op YouTube gelaai om bewustheid oor die toestand te bevorder.

“Dit is hoe dit is om Asperger te hê,” skryf Danielle.

“Dit is wat as ’n ineenstorting beskou word . . . Ek het hom opgelei om waaksaam te wees vir episodes van depressie en selfskending.”

Kyk die ongelooflike video hier onder:

Bron: YouTube.com