Ná ’n dekade in Amerika mis hulle harte wat hulle agtergelaat het in die VSA, maar dit is heerlik om terug te wees in Suid-Afrika, sê Quinne Brown.

A photo posted by Quinne Brown (@quinnebrown) on

Quinne het Sondag ’n vakansiefoto van haar en haar man, Ryan Huffman, en hul dogtertjies, Charlotte (5) en Lara (2) op Instagram gelaai onder die hutstekens beautifulsouthafrica; findingjoy; significantplaces; beingaparent; feelingloved.

A photo posted by Quinne Brown (@quinnebrown) on
Die gesin span uit by Debengeti Waterval in Magoebaskloof. Hulle het ’n dekade in Amerika gewoon voor hulle vroeër vanjaar teruggekeer het Suid-Afrika toe. Quinne het op 12 Augustus weer by die 7deLaan-ateljee gearriveer om haar rol as Connie te hervat. Hier is nog pragkiekies waaraan jy jou kan verlustig!