Is jou kinders by die huis en reeds moeg van die skoolvakansie? Dink net hoe mal hulle oor jou gaan wees as jy hulle tussen 18 en 20 Julie na die World of Dogs & Cats & Pet-uitstalling (Wodac Pet Expo) by die Gallagher-konferensiesentrum in Midrand gaan neem!

Ontdek die vreugdes van troeteldiere wanneer jy die uitstallings Hall of Dogs, Hall of Cats, Hall of Reptiles en Magic of Horses besoek. Jou kind gaan ook budgies, papegaaie, koi-visse, hasies, rasrotte en ingevoerde marmotte kan sien.

Of jy ’n geoefende troeteldiereienaar is en of jy dit die eerste keer oorweeg, gaan die uitstalling iets vir elke diereliefhebber bied. Dit sluit in produkte en dienste wat jou dierevriende kan versorg en vertroetel. Besoekers gaan ook met telers kan gesels, die Dancing with Dogs SA-kampioenskappe kyk en ’n hondemodeparade asook ander kompetisies sien.

Jy kan ook interaktiewe werksessies bywoon, en al kan jy hulle nie saamneem nie, kry jy die kans om ’n veearts vrae oor jou troeteldiere te vra.

Besoek www.dogscats.co.za vir nog inligting oor hierdie uitstalling en ander geleenthede.

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.